
31 Januarie 2022 is die sperdatum vir voorlopige belastingbetalers (natuurlike persone) en trusts om hul ITR12 inkomstebelastingopgawes, vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021, via eFiling in te dien.
Wie is ‘n voorlopige belastingbetaler?
- Maatskappye en trusts
- Individue wat inkomste anders as vergoeding (’n vaste salaris/pensioen waarop belasting reeds afgetrek word) verdien. Dit kan persone insluit wat huurinkomste ontvang van ‘n eiendom, belasbare rente-inkomste uit beleggings of ander inkomste uit ‘n onderneming.
Die onus rus op die belastingbetaler om te bepaal of hy/sy kwalifiseer as ‘n voorlopige belastingbetaler.
Indien jy wel kwalifiseer as voorlopige belastingbetaler moet jy, bo en behalwe jou jaarlikse ITR12 inkomstebelastingopgawe, ook minstens twee IRP6 voorlopige belastingopgawes indien. Hierdie opgawes moet voor/op 31 Augustus en 28/29 Februarie van elke jaar ingedien word.
Nie-voorlopige belastingbetalers se sperdatum vir hul ITR12 inkomstebelastingopgawes was reeds op 2 Desember 2021. Indien jy die sperdatum gemis het moet jy so gou as moontlik jou opgawe indien om boetes te vermy.
Kontak gerus Orania Rekenmeesters vir voortreflike diens en professionele advies rakende die hantering van u belastingopgawes.